“Die skool waar gewone Klippies in buitengewone diamante geslyp word.”
Laerskool klipfontein
Landloop is nie net ‘n sport waar leerders ver hardloop nie, maar ‘n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem. Dit bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë.
Die leerder leer dat selfdissipline jou prestasie en sukses bepaal wat tot groot hoogtes kan lei.
Laerskool klipfontein
Krieket is een van die hoogtepunte in ons jaarlikse program. Met vlak 1 en vlak 2 afrigters, probeer ons die beste uit elke seun kry. Ons spog ook met ‘n dames span, wat besonders doen in hulle pienk liga hempies. Ons afrigters was en is betrokke by die streekspanne provinsiale spanne en provinsiale bestuur. Klipfontein neem deel in die A divisie tydens die liga.
Mini-Krieket is die eerste vorm van krieket waaraan aspirante jong seuns en meisies bekendgestel word. Hierdie sagtebalvlak gee die kinders die genot wat gepaard gaan met deelname aan ‘n spansport en maak hulle ook vertroud met die basiese beginsels van die spel, insluitend kolf, boul en veldwerk.
Laerskool klipfontein
By Laerskool Klipfontein het ons ‘n liefde vir netbal, want netbal is pret. Netbal bied die geleentheid om rond te beweeg, doele te skiet, te verdedig en aan te val. Die beste deel van netbal is dat dit baie goeie oefening vir die dogters is. Netbal hou jou fiks en gesond. Om deel te wees van ‘n netbalspan leer jou nie net die nodige netbalvaardighede nie maar berei jou ook voor vir die wêreld daar buite. Dit leer jou van spanwerk en ook om teleurstellings te hanteer, dit motiveer die dogters om hul vaardighede te verbeter.
Ons is trots om te kan spog met van die beste SASN skeidsregters in ons streek asook top afrigters wat die geleentheid bied vir spanne om liga wenners te wees en deel te neem aan Nkangala (streek) en MSN (provinsiale) kampioenskappe.
Vanaf graad R – 3 speel ons jong dames Mini-Netbal. Hulle speel slegs in toernooie waar geen telling gehou word nie. Die doel is nie om te wen nie, maar om ‘n liefde vir die sport te kweek, die spelers fiks te maak en die basiese beginsels van Netbal vas te lê.
Hulle speel met ‘n kleiner bal as die gewone Laerskool-netbal en roteer posisies gedurende wedstryde om hul voldoende ervaring en blootstelling te gee.
Afrigting word deur onderwysers gedoen. Afrigters woon ook addisionele kursusse by om hul in staat te stel om die klein spelers se potensiaal ten volle te kan ontwikkel.
Laerskool klipfontein
Tennis is baie belangrik vir Klippies en ons presteer baie goed. Die redes hiervoor is:
Tennis kan ‘n goeie fisiese oefensessie en baie pret wees. Om tennis te speel hou baie voordele in.
Leerders kan vanaf Gr1 mini-tennis speel
Begin Tennis speel – en doen wat jy doen goed!
Laerskool klipfontein
By Laerskool Klipfontein bied ons rugby vanaf graad R tot graad 7 aan. Tydens Pumaki rugby leer die leerders basiese vaardighede aan waarby hulle sal baat in die toekoms. Sodra die leerders in graad 3 is, (0/9) begin hulle kompeterende rugby speel. Die vaardighede wat hulle geleer het in Pumaki rugby pas hulle hier toe. Ons fantastiese afrigters en pappas ontwikkel hulle vaardighede nog meer.Hulle speel ‘n wedstryd met goeie sportsmanskap en blink diamant-harte. Ons rugby is een van die sportsoorte wat uitblink by Klipfontein te danke aan ons manspersoneel en bereidwillige ouers. Klipfontein se spanne neem deel in die groot skole liga en presteer uitstekend. Ons bied ook geleenthede en wedstryde vir B spanne. Ons skool spog met afrigters in streekspanne, Provinsiale spanne en Provinsiale bestuur.
Pumaki-rugby is ‘n vorm van rugby wat ontwikkel is om die sport aan kinders bekend te stel. Dit gebruik ‘n kleiner bal en veld as standaard rugby, en het ses tot agt spelers per kant.
Rugby is nie net ‘n sport nie, dit is ‘n manier van lewe. As jy rugby speel, leer jy baie belangrike vaardighede aan soos spanwerk, vasberadenheid, sportmangees en respek. Hierdie vaardighede sal jou help op die rugbyveld en ook in die lewe. Rugby omhels almal of jy vinnig, slim of groot is, daar is ‘n posisie vir jou.
Laerskool klipfontein
Mini-hokkie is ‘n sport waar seuns en dogters van Graad 1-3 die eerste vorm van hokkie aanleer. Afrigters kweek ‘n liefde vir die sport en ontwikkel basiese vaardighede by elke speler. Die doel is nie om te wen nie, maar om PRET te hê en spanbou te ontwikkel.
Mini-hokkie is ‘n sport waar seuns en dogters van Graad 1-3 die eerste vorm van hokkie aanleer. Afrigters kweek ‘n liefde vir die sport en ontwikkel basiese vaardighede by elke speler. Die doel is nie om te wen nie, maar om PRET te hê en spanbou te ontwikkel.
© 2025 Laerskool Klipfontein – All rights reserved.