Learskool Klipfontein

LAERSKOOL KLIPFONTEIN

“Die skool waar gewone Klippies in buitengewone diamante geslyp word.”

UIT DIE HOOF SE PEN

UIT DIE HOOF SE PEN

Laerskool Klipfontein se koördinate lei jou na die beste skool in die stad Emalahleni.  Jou reis op soek na ‘n toekoms vir jou kind, is verby as jy jou kind in ons “diamant-in-wording” skool plaas. 

By Klipfontein is die kind nie net nòg ‘n kind nie.  Die geleenthede is legio vir individuele kinders.  Akademie, sport en kultuur word op die hoogste vlak aangebied en ons is baie trots op prestasies wat jaarliks gelewer word. 

‘n Netjiese skool met goed ontwikkelde sportvelde en goed toegeruste klaskamers maak van Klipfontein ‘n wenskool.  Dit is hier in ‘n veilige omgewing, met ‘n onderwysspan wat toegewyd is aan kinders, waar jou kind die geleentheid sal kry om sy/haar volle potensiaal te bereik.

“Kinders is geskep om te vlieg, maar hulle het wind nodig; die ondersteuning en krag wat kom van onvoorwaardelike liefde, aanmoediging en gebed” (GG Tchividjau).  Dit is presies wat ons doen in ‘n skool met sterk waardes en normes, en waar ons nog ons Christenskap uitlewe elke dag.

Moenie die geleentheid misloop om deel van die Klippie-familie te word nie.  Die ouergemeenskap het U nodig om ‘n sterk en gelukkige skool te verseker!

Klipfontein groet u.

Mev.  Marinda Fourie

visie en missie

VISIE EN MISSIE

Ons Missie
hoof

Ons Visie

Laerskool Klipfontein streef daarna om ‘n gelukkige skoolgemeenskap daar te stel waar die leerders veilig en gelukkig kan wees en sodoende kan leer en ontwikkel tot sy/haar volle potensiaal.

LAERSKOOL KLIPFONTEIN

ONS

SLAGSPREUK

“Die skool waar gewone Klippies in buitengewone diamante geslyp word.”

laerskool klipfontein

Gedragskode

Laerskool Klipfontein strewe daarna om leerders met karakter te kweek.

Om hierdie ideaal te verwesenlik, is dit belangrik dat die verskillende rolspelers se verhouding en gedrag deur die kode beheer en bestuur word.

Die gedragskode van Laerskool Klipfontein is dan ook versoenbaar met die Suid-Afrikaanse Skolewet, die Handves van Menseregte en die Grondwet van Suid-Afrika 1996.

VIDEO

laerskool klipfontein

© 2024 Laerskool Klipfontein – All rights reserved.